Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

ATKV-Tjokkertoneel: Wes-Kaap

August 18, 2025 @ 4:30 pmAugust 20, 2025 @ 11:59 pm

WEES MAGNETIES IN DIE WES-KAAP

Belê in die toekoms van teater deur die jong tjokkertalent in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 18 tot 20 Augustus 2025.

Die program begin elke aand om 16:30. Die streeksfeeswenners word na die laaste optrede op 20 Augustus aangewys.

Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:

Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig.

Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.

Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.