- This event has passed.
DIK DEURMEKAAR – MEL DIE STORIEVERTELLER

Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak komediante van 2023. Van internet sensasie na verhoog sensasie los sy gehore vriendelik verras en oppie-vloer van al die lag.
Dik Deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n verhalende een-vrou vertoning vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaargeid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ‘n hengse deurmekaarspul is. Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel haar waarnemings van ‘straight couples’, die landslied, slimfone en ‘fancy’ karre.