- This event has passed.
LIEWE HEKSIE VANG VIS
January 11, 2025 @ 2:00 pm – 3:30 pm

Liewe Heksie het ‘n visstok present gekry. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ‘n vis vang. Dan sing ek sommer ‘n liedjie en die vis wil saam sing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy, omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ‘n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie?
In 2022 het dieselfde span die ABSA KKNK Kanna toekenning ontvang vir beste kinderteater.
Die tydlose Liewe Heksie is perfekte vermaak vir die hele gesin.