- This event has passed.
Tankwa Drome

Afrikaanse woestyn-partytjie onder die Suiderkruis
Kom deel in ‘n uitbundige viering van Afrikaanse kunstenaars & musiek in die hartjie
van die Tankwa Karoo.
Tankwa Drome Seisoen V vier die 100ste bestaansjaar van Afrikaans as ‘n amptelike taal met kunstenaars soos Bok Van Blerk, Robbie Wessels en Werner van der Hoven op die planke.
AANGEBIED DEUR PLACE OF DREAMS (POD)
In 2018 het daar ‘n groep baie lekker mense in ‘n verskuilde kloof in die Tankwa Karoo saamgekom om die drukgang van die stadlewe te ontvlug. Hier, met hulle voete in die sonwarm sand, en hulle oë vol sterre, het hulle Place of Dreams raakgedroom.
Tankwa Drome is ‘n jaarlikse reunie om hierdie grootse oomblik te vier, en soos die pioniers van ouds ‘n paradys in die middel van nêrens te skep. Hier bevorder ons die kuns, en verlekker ons onsself in Afrikaanse gasvryheid en deelkultuur.
Sluit by ons aan en word deel van hierdie unieke ervaring waar dans-tot-jy-omkap musiek, die betowerende skoonheid van die Karoo en die gees van avontuur saamvloei soos Klippies en Cola. Pak jou vellies, blikbeker, keppie en ‘n koelboks, en kom skep ‘n paar splinternuwe kernherrineringe.