Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

VALIANT SWART en LUNA PAIGE in “ROCK ‘n ROLL ENGELE”

January 11 @ 8:30 pm10:00 pm

‘n Versameling liedjies deur Valiant Swart wat die vroulike karakters besing wat sy lirieke bevolk oor ‘n loopbaan van meer as 34 jaar. Sommige melankolies, sommige jolig, ander vurig en roekeloos, baie van hulle geheimsinnig en sommige net die gewone meisie langsaan.

Valiant word vergesel deur sangeres en klawerbordspeler Luna Paige, wat gehore bekoor met haar donker, smeulende stem en veelsydige talente. Sy het oor die afgelope jare meermale bygedra tot Valiant se albums as agtergrondsangeres en is ook ‘n gevierde liedjieskrywer en sangeres uit eie reg met vele solo optredes op haar kerfstok.

Details

Venue

  • Die Boer Restaurant Durbanville