- This event has passed.
WICUS VAN DER MERWE
January 12, 2025 @ 2:00 pm – 3:30 pm

Met 7 albums waarvan verskeie goue status bereik, het Wicus SAMA benoemings, ’n Ghoema toekening, ’n Tempo toekenning en verskeie ander toekennings ontvang. Dan het hy nog bo-op dit alles sy lyf al akteur gehou en is hy ’n gesogte aanbieder en gas op van die land se gewilde leefstyl en geselsprogramme. Wicus kuier gereeld by gehore in Namibië en sy optredes wat musiek en stories verweef, trek selfs so ver as New Zeeland, Kanada en Australië.
As gewilde seremonimeester by die land se voorste musiekfeeste is Wicus ook ’n gesogte afslaer vir groot fondsinsamelingsgeleenthede waar hy op humoristiese wyse gaste vermaak.
Kom geniet saam met Wicus die stories, liedjies en lekker lag wat hy al vir 21 jaar lank bymekaar maak!